VINNIGE VRAE EN ANTWOORDE
Vrae oor #Studenteleweveldtog
Hoekom het Akademia die veldtog van stapel gestuur?
Akademia as gemeenskapsuniversiteit betrek graag die gemeenskap in die uitbou van die instelling. Akademia het dus die platform aan die gemeenskap gebied om betrokke te raak en te verseker dat gesonde tradisies gevestig word en behoue bly vir ons kinders en nageslagte.
Wat gaan Akademia met die data doen?
Akademia gaan data gebruik as rigtingaanwyser om verder uit te bou aan die groeiende studentelewe en -kultuur by Akademia.
Wie het die data ge-analiseer?
Solidariteit Navorsingsinstituut is die trotse vennoot van die #Studentelewe-veldtog.
Hoe gaan ek baat by die veldtog?
Jy gaan dalk nie direk hierby baat nie, maar jy gaan geskiedenis maak. Jou bydrae is ʼn bousteen in Akademia se groeiende studentelewe en -kultuur, vir jou kinders, jou kinders se kinders, en ons nageslagte.
Wanneer word die resultate vrygestel?
Die resultate word in Maart 2023 beskikbaargestel. Bly ingeskakel op Akademia se sosialemediaplatforms vir meer inligting.
Wie kan ek kontak by Akademia oor die #Studenteleweveldtog?
Hoe kry ek toegang tot die navorsing?
VRAE OOR AKADEMIA
Wie is Akademia?
Akademia, nou in sy tiende jaar, is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia streef daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms. Lees meer oor Akademia.
In ʼn poging om toeganklike gehalte hoër onderwys in Afrikaans te bevorder, bied Akademia nauurse en voltydse studies aan. Akademia is ingevolge die Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat Afrikaanse hoëronderwysinstelling geregistreer. Akademia se kwalifikasies is ook deur die Raad op Hoër Onderwys geakkrediteer – dieselfde statutêre liggaam wat openbare universiteite se kwalifikasies in Suid-Afrika akkrediteer. Klik hier vir ʼn oorsig oor die studierigtings wat Akademia bied. Akademia bied tans gehalte onderrig aan byna 2 400 studente.
Wat is Akademia se toekomsplanne?
Akademia beoog om teen 2025/2026 ʼn omvattende residensiële kampus daar te stel waar 5 000 voorgraadse en 2 000 nagraadse studente op ʼn pragtige kampus in Pretoria kan studeer. Lees meer hier oor die volledige toekomsplanne.
Hoe kan ek by Akademia betrokke raak?
Akademia staan vir die idee van ʼn selfstandige Afrikaanse universiteitswese. Met jou hulp sal ons dit verwesenlik. Raak gerus op een of meer van die volgende maniere betrokke: die deel van kundigheid, finansiële bydraes, testamentêre bemakings, die skep van internskappe of werksgeleenthede aan studente, bemarking. Klik hier vir meer inligting. Wil jy op ʼn ander wyse bydra? Stuur ʼn e-pos met jou voorstel na skenking@akademia.ac.za.
Hoe lyk die studentelewe by Akademia tans?
Akademia bied reeds verskeie studenteaksies, koshuise en elkeen met gepaardgaande tradisies, sowel as ʼn gesonde studentelewe waarop verder uitgebou gaan word. Klik hier vir meer inligting.