NAVORSING

HOE WORD DIE NAVORSING INGESAMEL?

Data word versamel deur ʼn vraelys te voltooi, stemgrepe via WhatsApp in te stuur of staaltjies via die Facebook-blad by @Studentelewe te deel. Die data word oor ʼn tydperk van drie weke ingesamel. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (ʼn trotse vennoot van #Studentelewe), analiseer die data en skep ʼn navorsingsverslag met die oorhoofse temas wat deur respondente gedeel is. Uiteindelik sal die verslag die belangrikste oomblikke, wat deelnemers gevoel het ʼn blywende impak op hulle gehad het, mooi saamvat.

WAT GEBEUR MET DIE NAVORSING?

Resultate gaan deeglik ondersoek en analiseer word en gebruik word as inspirasie om die Akademia se reeds bestaande studentelewe vir Fonties verder uit te bou. Breë temas gaan identifiseer word wat in kleiner dele afgebreek gaan word om die Akademia-studentelewe
verder in te kleur.

Die Universiteit van die Vrystaat in 1910

WAT GEBEUR MET DIE NAVORSING?

Resultate gaan deeglik ondersoek en analiseer word en gebruik word as inspirasie om die Akademia se reeds bestaande studentelewe vir Fonties verder uit te bou. Breë temas gaan identifiseer word wat in kleiner dele afgebreek gaan word om die Akademia-studentelewe
verder in te kleur.

HOE EN WANNEER WORD DIE DATA VAN DIE NAVORSING BEKENDGEMAAK?

Ná afloop van die data-analisering en samestelling van die navor singverslag, sal die uitslae in Oktober 2022 bekendgemaak word. Meer inligting word later beskikbaargestel.

Waar kan ek toegang tot die

NAVORSING SE UITSLAE VERKRY?

Voltooi die vorm om deel van die databasis te vorm om toegang tot die navorsingsverslag te verkry.

Het jy geweet?

AKADEMIA SE STUDENTE IS FONTIES!

Net soos die studente by die Universiteit van Pretoria as ʼn Tukkie bekendstaan, die Noordwesuniversiteit (Potchefstroomkampus) as ʼn Puk, die Universiteit van Stellenbosch as ʼn Matie, en die Universiteit van Bloemfontein as ʼn Kovsie, word Akademia-studente Fonties genoem.

Hierdie eienaam, Fontie, is afgelei uit Akademia se leuse, Ad futurum per fontes – na die toekoms deur die bronne. Vrylik vertaal beteken fontes ook fonteine. Om ons studente Fonties te noem is dus nie bloot net ʼn afleiding van die naam van die instelling nie, maar dra ook betekenis. Soos goeie fonteine standhoudende skoon water gee aan die omgewing daarvan, is die ideaal dat Akademia-studente (Fonties) só sal wees vir hul gemeenskap.

Studentwees is meer as net jou studies. Dit is waar jy tuis voel, lewenslange vriendskappe en netwerke vorm, pret ervaar, hoop skep vir die toekoms en geskiedenis maak.