
Hoe moet die studentelewe van ʼn Afrikaanse universiteit lyk?
Oor die laaste elf jaar het jy in Akademia belê. Jy het belê in ʼn veilige studietuiste, môre se wiskundiges,
finansiële bestuurders, joernaliste, programmeerders en entrepreneurs. Jy het ʼn verskil gemaak.
Akademia het in 2022 ʼn navorsingsveldtog van stapel gestuur om Afrikaanse alumni se beste #studentelewe-oomblikke vas te vang. Die doel hiervan was om te kyk wat die elemente van ʼn gesonde studentelewe is wat jongmense tydens hulle studies vorm.
Jou storie is ʼn bousteen vir Akademia se groeiende studentekultuur.
DANKIE DAT JY JOU HART EN JOU STORIES MET ONS GEDEEL HET.
Ons het gevra en jy het geantwoord! In die paneelgesprek met Marthinus Visser (besturende direkteur) en Douard d’Assonville (bestuurder: studentelewe en koshuise) gesels hulle met Rika Nieuwoudt oor wat die gemeenskap gedeel het. Dankie aan die Solidariteit Navorsingsinstituut vir die verwerking van die data.
A K A D E M I A S E D E F I N I S I E
VAN STUDENTELEWE:
ʼn Bruisende fase waarin ʼn student se studiereis hul menswees vorm
AKADEMIA SE DEFINISIE
VAN STUDENTELEWE:
ʼn Bruisende fase waarin ʼn student se studiereis hul menswees vorm
#Studentelewe is ʼn veldtog wat deur Akademia van stapel gestuur word om waarde toe te voeg tot die gemeenskap met die uitbou van ʼn gesonde studentekultuur vir die jeug en die toekoms.
Die doel is om inhoud rakende ʼn gesonde studentelewe vanaf 28 Julie 2022 tot 18 Augustus 2022 in te samel, te verwerk en moontlik te implementeer in die studentelewe by Akademia vir Fonties (Akademia-studente). Uiteindelik sal dit bydra tot die uitbou van ʼn gesonde studentekultuur vir die jeug en die toekoms.
SAAM MAAK ONS GESKIEDENIS!
HOE PAS AKADEMIA IN?
Akademia bied al meer as ʼn dekade lank ʼn veilige ruimte vir studente. Die tyd het aangebreek om die instelling se volhoubare studentelewe verder uit te bou en na hoër hoogtes te neem.
Akademia is ook geroep om die tuiste te wees waar toonaangewende leiding gebied word oor studentelewe en karaktervormende studentetradisies waarop die gemeenskap kan trots wees.
Het jy geweet?
Akademia is die eienaars van die woord studentelewe in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). As akademiese instelling, geskoei op moedertaalonderrig, was dit sinvol om die instelling se woordeskat aan hierdie unieke belewenis van studentwees te koppel. Hierdeur word daar nie net klem gelê op die belangrikheid van die uitbou van Afrikaans as taal nie, maar ook op die noodsaaklikheid van ʼn gesonde, gebalanseerde en bruisende studentelewe – dit alles in Afrikaans
Su-Ann Müller-Marais en prof. Gerhard van Huyssteen vertel waarvandaan die woord studentelewe kom.
Wat is die rol van die gemeenskap by

Akademia is gebou vanuit die gemeenskap se klein onbaatsugtige bydraes om ʼn gemeenskapsuniversiteit vir die Afrikaanse taal- en kultuurgeme enskap te vestig. Daarom is dit belangrik dat die gemeenskap ook ʼn bydrae lewer in die uitbou v an ʼn Afrikaanse studentelewe vir ons kinders en nageslagte.
WAT KAN EK DAN DOEN?
Jy kan help om ʼn bruisende studentelewe vir ons kinders, en kin ders se kinders te bou! Tradisies wat vir altyd sal hou. Al wat jy hoef te doen, is jou hart oopmaak en herinneringe deel.

Die Universiteit van die Witwatersrand in 1940

Die Universiteit van Stellenbosch in 1959
“Die studentelewe is ’n intense fase van dink, droom, spel en ewige vriendskap”
prof. Danie Goosen, akademiese hoof by Akademia
